Afrikaans


Artington Legal is ‘n veeltalige firma, met prokureurs wat in staat is om regsadvies vir jou besigheid in jou eie taal te bespreek.

Ons lewer ‘n moderne diens met ‘n span van prokureurs wat:

  • die groter prentjie sien;
  • kommersiële drywers verstaan;
  • innoverend en pro-aktief werk om ‘n transaksie te voltooi;
  • ‘n benadering van samewerking toepas;
  • die kliënt goed ingelig hou;
  • ‘n moderne benadering volg tot fooie en prysvasstelling; en
  • dink oor meer as net die reg.

Ons prokureurs bied kundigheid in korporatiewe reg en handelsreg, met ‘n sterk agtergrond van interne werkservaring in moderne, groeiende, internasionale besighede.

Ons werk saam met groeiende tegnologie maatskappye wat op soek is na waagkapitaal of ‘n Aanvanklike Openbare Aanbod, klein en medium sake-ondernemings, entrepreneurs, besighede gesteun deur private ekwiteit en groter genoteerde maatskappye.

Ons prokureurs bied die volgende regsdienste:

  • kommersiële eiendomsreg;
  • kommersiële en korporatiewe reg;
  • arbeidsreg;
  • intellektuele eiendomsreg, privaatreg en beskerming van data;
  • wetlike “gesondheidstoets”; en
  • regulatoriese reg.

If you would like to know more please contact us